Wednesday, 3 February 2016

GROENBONE MET AARTAPPEL EN TIEMIE




GROENBONE MET AARTAPPEL EN TIEMIE
(6 - 8 porsies)
15 ml botter
1 groot ui, grofgekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
200 g klein rosa-tamaties
350 g dun groenbone, in sowat 3 cm-stukke gesny
3 middelslag-aartappels geskil en in blokkies gesny
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
METODE:
Smelt botter in 'n diep pan. Braai ui en knoffel tot sag en deurskynend.
Voeg tamaties by en braai tot skille bars en sous uitkom.
Voeg groenbone en aartappels by.
Geur met sout en peper. Sit deksel op en verlaag hitte.
Laat groente stoom tot aartappels en bone sag is.
(Sarie)

No comments:

Post a Comment