Sunday 21 February 2016

Paasfees Kedgeree




Paasfees Kedgeree
Bestanddele
170g basmati rys
2 lourierblare
2 eetlepels olie
2 cm gemmer, fyngekap
1 ui, grofgekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
2 eetlepels kerriepoeier
1 teelepel mosterdpoeier
2 tamaties, opgekap
sap van 2 suurlemoene
2 eiers, gekook en in kwarte gesny
160g gerookte skelvis (haddock), gevlok
handvol koljander
klein houertjie ongegeurde joghurt
Metode
Kook die rys en lourierblare oor matige hitte in gesoute water vir ongeveer 10 minute.
Haal van die hitte af en hou eenkant.
Verhit die olie in ‘n braaipan en braai die gemmer, uie, knoffel, kerrie en mosterdpoeier vir ± 5 minute of totdat die uie sag is.
Roer die tamaties en suurlemoensap by en braai vir ‘n verdere 5 minute.
Voeg die rys en gevlokte skelvis by die uiemengsel en roer deur.
Plaas in ‘n opdienbak en garneer met die eiers, vars koljanderblare en joghurt.
(RSG)