Monday 29 February 2016

Paasbolletjies




Paasbolletjies
Lewer 15
Bereiding: 20 min.
Rys: 1½ uur
Gaarmaak: 25 min.
...
5 x 250 ml (5 k) broodmeel
60 ml (¼ k) strooisuiker
1 sakkie (10 g) kitsgis
5 ml (1 t) wonderpeper
5 ml (1 t) kaneel
2 ml (½ t) sout
125 ml (½ k) korinte
60 g botter
330 ml (1⅓ k) melk
2 eier
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak
100 g sjokoladebrokkies
MEELPASTA
125 ml (½ k) meel
60 ml (¼ k) water
GLASUUR
60 ml (¼ k) suiker
30 ml (2 e) water
1.Plaas die meel, suiker, gis, speserye en sout in ’n bak en roer die korinte in.
2.Verhit die botter en melk in ’n potjie oor matige hitte tot die botter smelt en die melk louwarm is. Klits ’n eier en die vanielje-ekstrak in. Roer die droë bestanddele met ’n houtlepel in en meng dan met jou hande om ’n sagte deeg te vorm.
3.Knie die deeg 10 minute of tot glad op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Verplaas na ’n gesmeerde bak en bedek met kleefplastiek. Laat rys ’n uur of tot die volume verdubbel het.
4.Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
5.Knie die deeg 3 minute of tot glad. Knie die sjokoladebrokkies in tot egalig versprei.
6.Verdeel die deeg in 15 ewe groot stukke. Rol elkeen in ’n bal en pak op die bakplaat. Bedek met ’n klam lap en sit ’n halfuur eenkant of tot die volume verdubbel het.
7.Meelpasta: Meng die meel en water in ’n bak en klits met ’n houtlepel tot glad. Skep in die versiersak.
8.Klits die oorblywende eier en verf die bokant van die bolletjies met die eier. Spuit ’n kruis met meelpasta oor elke rolletjie. Bak 25 minute of tot gaar; ’n steekpen moet skoon uitkom wanneer dit in die middel ingesteek word.
9.Glasuur: Verhit die suiker en water in ’n potjie oor matige hitte tot die suiker opgelos het. Verf die Paasbolletjies met die glasuur.