Monday 29 February 2016

OUMA SE BROOD POEDING




OUMA SE BROOD POEDING
BESTANDELE:
4 koppies of 8 snye brood in blokkies
½ koppie rosyne...
2 koppies melk
¼ koppie botter
½ koppie suiker
2 eiers bietjie geklits

2 teelepels vanilla
½ teelepel ground nutmeg (as jy het)
SOUS:
(In plaas van die sous, kan jy net lekker vla bymaak of net room by bedien)
½ kop botter
½ kop suiker
½ kop bruin suiker
½ koppie room
2 teelepels vanilla
METODE:
Sit oond aan op 180 gr C.
Meng brood en rosyntjies in groot bak.
Meng melk en ¼ kop botter en sit in pot op stoof en kook medium hitte tot botter gesmelt het. Gooi nou die melk en botter oor die brood mengsel. Laat staan vir 10 min.
Gooi die res van die poeding bestanddele by, meng en sit in bakskottel in die oond en bak vir 40 tot 50 min of totdat dit in die middel geset het.
NOU VIR DIE SOUS
Gooi al die sous bestanddele in ‘n pot behalwe die vanilla.
Kook als medium hitte en roer so af en toe, hou dop dat dit nie oorkook nie. Sodra dit dikkerig word, roer vanilla by.
Om te bedien, sit warm poeding voor in bakkies en gooi sous bo oor.