Thursday 11 February 2016

ONTBYT PIZZA




ONTBYT PIZZA
Bestanddele
1 pakkie (250 g) kersietamaties
1 pakkie (250 g) spekrepies
1 kg broddeeg
3 eetlepels (45 ml) tamatiepuree
1 koppie (250 ml) cheddar- of mozzarellakaas
4 eiers
vars basiliekruid-, baba spinasie- of roketblare vir bediening
Metode
Voorverhit die oond tot 180°C, en spuit ‘n bakplaat met kleefwerende sproei.
Halveer die kersietamaties en sny elke spekrepie in die helfte deur.
Rol die deeg op ‘n skoon, meelbestrooide oppervlak in ‘n reghoek uit (± 30 x 18 cm).
Plaas op die bakplaat en smeer die tamatiepuree bo-op die deeg.
Rangskik die spek bo-op en bak vir ± 15 minute.
Haal uit die oond en breek die eiers versigtig op die brood, besprinkel met kaas en plaas terug in die oond vir 10 - 12 minute of tot die brooddeeg gaar is.
Verwyder uit die oond en laat effens afkoel.
Bedien met vars basiliekruid-, baba spinasie- of roketblare.
RSG