Wednesday, 10 February 2016

Broccoli En Kaas Pasta




Broccoli En Kaas Pasta

4 porsies

 500g (1 pak) pasta

BROCCOLISOUS:
400 g (1 k) broccoli, in klein blommetjies gebreek
klont botter
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) vars knoffel, gekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
45 ml (3 e) botter
45 ml (3 e) koekmeel
½ blokkie hoenderaftreksel, gekrummel
625 ml (2½ k) warm volroommelk
2 ml sout
knypie rooipeper
500 ml (2 k) cheddarkaas, gerasper

1. Kook pasta tot al dente in borrelende kookwater waarby 5 ml (1 t) sout en 10 ml (2 t) olie gevoeg is.
2. Dreineer pasta. Roer bietjie ekstra olie deur pasta, bedek en hou eenkant.

Broccolisous:
1. Plaas broccoli in glasbak.
2. Voeg 30 ml (2 e) water by en bedek met kleefplastiek.
3. Kook op hoog in mikrogolf vir 5 minute.
4. Laat broccoli bietjie afkoel en trek kleefplastiek entjie weg. Giet ekstra water af.
5. Verhit klont botter in kastrol en braai ui, knoffel en pietersielie tot ui sag is.
6. Voeg 45 ml (3 e) botter by uimengsel.
7. Roer koekmeel by tot bal vorm.
8. Roer gekrummelde hoenderaftreksel by warm melk en roer tot hoenderaftreksel opgelos is.
9. Voeg warm melk by inhoud en roer tot sous glad is. Laat sous kook tot dit borrels maak. Laat borrel vir een minuut.
10. Verwyder van hitte en roer sout, rooipeper en kaas by. Meng goed.
11. Roer broccoli by en skep oor pasta. 

Sit warm voor

VroueKeur

No comments:

Post a Comment