Monday 22 February 2016

HOENDER KORINGPOT




HOENDER KORINGPOT: 
 
[Hierdie pot is maklik om te maak. As jy nie koring het nie, kan jy gaar rys ook gebruik. Wees net versigtig om nie die ryskorrels stukkend te roer nie. Bruinrys werk beter as wit- of basmatirys.]

 BENODIG:
500 g stampkoring
50 ml olie
1 groot ui, fyngekap ...
2 knoffelhuisies, gekneus
10 hoenderporsies

sout en varsgemaalde swartpeper
250 g sampioene, skoongevee
1 blik roomsampioene
250 ml witwyn 


 MAAK SO:
Week die koring oornag in water en gooi dan die water af.
Verhit die olie in ’n swartpot en braai die uie en knoffel sag. Voeg die hoenderporsies by en braai dit goudbruin. Geur dit met sout en swartpeper.
Roer nou die sampioene by en braai dit vir nog vyf minute.
Sprinkel die koring bo-oor die hoender.
Meng die geblikte sampioene en wyn, en giet dit bo-oor die koring en hoender.
Laat dit vir 30 tot 40 minute oor stadige kole prut totdat die sous deurgekook het en die koring warm is.