Monday 1 February 2016

Gesonde peuselhappies




Gesonde peuselhappies
Bestanddele
500 ml (2 k) hawermout
80 ml (⅓ k) heuning
80 ml (⅓ k) rosyntjies of gekapte dadels
80 ml (⅓ k) amandels, gekap
100 ml growwe of gladde grondboontjiebotter
5 ml (1 t) gemaalde kaneel
5 ml (1 t) vanieljegeursel
1 eier, geklits
30 ml (2 e) sonneblomolie
Metode
1. Voorverhit oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat (29 x 19 cm) met bakpapier uit. Smeer liggies met olie.
2. Meng al die bestanddele saaam tot goed gemeng – ’n houtlepel en jou hande werk ewe goed. Druk die mengsel in ’n eweredige laag in die bakplaat.
3. Bak 15-20 minute of tot goudbruin en gaar. Sny in stafies of blokkies en laat afkoel. (Sny die koekies terwyl dit nog warm is, anders is dit nogal bros as dit afgekoel het.)
Wenk
Vervang helfte van die neute of rosyne met droë klapper vir ’n ander smaak.
(RSG)