Monday 1 February 2016

Eierlose Sjokolade en Koffiekoek




Eierlose Sjokolade en Koffiekoek

LEWER 1 KOEK (16 SNYE)
Bereiding: 10 minute
Baktyd: 50 minute...

KOEK:
125 g margarien, gesmelt
15 ml (1 e) witasyn
400 ml water
100 ml sterk koffie
10 ml (2 t) vanieljegeursel
750 ml (3 k) bruismeel
5 ml (1 t) koeksoda
80 ml (¹⁄³ k) kakao
5 ml (1 t) sout
375 ml (1½ k) suiker

VERSIERSEL:
60 ml (¼ k) margarien
30 ml (2 e) melk
5 ml (1 t) koffiepoeier
2 ml (½ t) vanieljegeursel
375 ml (1½ k) versiersuiker
15 ml (1 e) kakao
Flake-sjokolade vir versiering

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n koekpan van 20 cm en bestrooi met meel.

KOEK:
1. Klits die margarien,asyn, water en koffie saam.
2. Voeg die vanieljegeursel by.
3. Sif die droë bestanddele saam en meng die suiker deur.
4.Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele en meng goed tot glad.
5. Giet in die pan, maak gelyk en bak sowat 50 minute.

**Laat effens afkoel en keer uit op ’n draadrak.

VERSIERSEL:
1. Smelt die margarien en melk en voeg die koffie en geursel by.
2. Sif die suiker en kakao by en meng goed tot glad.

**Smeer oor die koek en versier met die Flake.