Tuesday 2 February 2016

BROSKORSDEEG



BROSKORSDEEG
200g koekmeelblom
knippie sout
100g botter
50ml yswater...
METODE:
Sif die koekmeel en sout in 'n verkilde mengbak.
Vryf die botter by die meelmengsel in. Voeg yswater in die meel en bottermengsel totdat dit deeg vorm.
Bedek die mengbak met kleefplastiek en sit 30 minute in die yskas.
WANNEER DIE DEEG TE HARD IS:
Te min botter is in die deeg gesit. Die botter is nie genoeg ingevryf nie
Die deeg is te veel hanteer en te veel gerol
Die deeg was te lank gebak
WANNEER DEEG SAG EN KRUMMELRIG IS:
Te min water is by die deeg gevoeg
Te veel botter is by die deeg gevoeg
WANNEER DIE DEEG BARS:
Te min water is by die deeg gevoeg
Water is onegalig by die deeg gevoeg
Botter is onegalig in die deeg ingevry

(Positiewe Geselsies....)