Monday 15 February 2016

BOEREWORSPASTEITJIES




BOEREWORSPASTEITJIES:
BENODIG:
1 rol (400 g) reg-om-te-gebruik-skilferkorsdeeg
45 ml heelkorrelmosterd
4 stukke boerewors van 15 cm elk...
1 eier, geklits
MAAK SO:
Voorverhit die oond tot 210 °C. Rol die skilferkorsdeeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Sny in vier ewe groot reghoeke. Smeer elke stuk deeg met ’n lagie heelkorrelmosterd.
Druk die vleis van elke stuk wors versigtig uit die derm en vou dit in die deeg toe. Seël die kante met ’n vurk en verf met geklitste eier. Pak op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
Bak vir 10 minute, verlaag dan die temperatuur na 180 °C en bak ’n verdere 10-15 minute. Sit voor met skyfies en tamatiesous of blatjang. Lewer vier pasteie.