Tuesday 1 December 2015

VLA EN AARBEI CHARLOTTE




VLA EN AARBEI CHARLOTTE
1 groot rolkoek
200 g vars aarbeie, gehalveer en blare verwyder
15 ml suiker
30 ml brandewyn
30 ml gelatien
30 ml koue water
250 ml voorbereide vla
250 ml room
75 ml warm appelkooskonfyt
METODE: 
Ekstra aarbeie in sjokolade gedoop, vir versiering
Sny die rolkoek in skywe van 5mmen voer ’n ronde koekvorm of mengbak met die inhoudsmaat van 1 liter met van die skywe uit.
Rangskik die skywe so naby as moontlik aan mekaar met so min moontlik spasie tussen-in.
Plaas die gehalveerde aarbeie in ’n bak en strooi die suiker oor. Giet daarna 15 ml van die brandewyn oor.
Laat minstens 30 minute lank in die yskas rus.
Meng gelatien en koue water. Los die gelatien op deur dit 10 sekondes lank in die mikrogolf te verhit of oor kookwater te smelt.
Giet die vla in ’n mengbak en roer die gelatien en orige brandewyn by.
Klits room tot sagte punte vorm en vou versigtig by vlamengsel in net voor dit begin stol.
Vul die gevoerde vorm met twee derdes van die vlamengsel. Meng aarbeie met die res van die vla en vul die vorm tot bo.
Bedek met die orige rolkoekskywe.
Laat die nagereg vir minstens 2 uur in die yskas stol voor jy dit op ’n opdienbord uitkeer.
Verf warm appelkooskonfyt oor en versier met aarbeie wat in sjokolade gedoop is.
As jy ’n dekadente streep het, kan jy sjokoladesous saam met die charlotte voorsit. Lewer ses porsies.
Bron: Francois Ferreira