Wednesday 2 December 2015

Tradisionele Skon Resep




Tradisionele Skon Resep

6 - 8 Skons - 20 minute

350g Bruismeel
1/4 Teelepel Sout
1 Teelepel Bakpoeier
85g Botter in blokkies gesny
3 Eetlepels Strooisuiker
175ml Melk
1 Teelepel Vanieljegeursel
'n Skeet Suurlemoensap
'n Bietjie geklitste eier


Voorverhit jou oond tot 220 grade (200 vir waaier oonde). Voer 'n bakplaat met papier uit of strooi dit liggies met meel. Dit kan ook help om jou bakplaat effens op te warm voor jy die skons daarop plaas om te bak.

Sif meel, sout en bakpoeier saam in 'n groot bak. Voeg die botter by en vryf in met jou fingers totdat die meel krummelrig lyk. Roer nou die suiker by. 

Gooi die melk in 'n bekertjie en verhit dit effens in die mikrogolfoond vir so 30 sekondes - dit moet net lou wees, nie warm nie. Voeg nou die vanieljegeursel en suurlemoensap by. Laat dit eenkant rus. Die suurlemoensap karring die melk so effens en maak dat die bakpoeier beter werk en jou skons lekker rys. 

Meng nou jou nat mengsel by jou droë mengsel met 'n mes. Moet dit nie oorwerk nie - dit moet net effens gemeng wees en kan dan op 'n melerige oppervlakte verder bewerk word deur dit twee of drie keer om te vou totdat dit effens gladder lyk. Die deeg moet 3 tot 4 cm diep wees. Sny nou die skons met 'n koekiedrukker uit of 'n glas uit. 

Plaas die skons op 'n bakplaat en borsel met geklitste eier. Bak vir 10 minute tot goudbruin. Bedien met room en konfyt van jou keuse