Tuesday, 8 December 2015

Grenadella-en-rooibos-pons




Grenadella-en-rooibos-pons
genoeg vir 8

1 liter water
200 g (250 ml) suiker
moes van 8 grenadellas
6 sakkies rooibostee
1 kg gebreekte ys
2 liter limonade
Plaas water, suiker en moes in middelslagpot en bring tot kookpunt.
Laat prut vir 5 – 8 minute of tot vloeistof met ⅓ verminder het.
Verwyder van hitte en voeg teesakkies by. Laat trek die tee vir 5 – 8 minute,
of langer as jy dit sterker verkies. Verwyder sakkies en laat afkoel
tot yskoud. Verwerk tot puree met staafmenger. Plaas ys en koue stroop in
groot ponsbak. Gooi limonade oor en meng liggies deur. Sit voor.

No comments:

Post a Comment