Wednesday 25 November 2015

VRUGTEKOEK MET PRONUTRO




VRUGTEKOEK MET PRONUTRO
500g droevrugtekoekmengsel
375ml water
250ml sagte bruin suiker
125g margerien
5ml koeksoda
2 eiers (geklits)
250ml ongesif afgemeet koekmeelblom
5ml bakpoeier
2ml sout
180ml pro nutro (gewone)
30ml soet sjerrie

VERSIERSEL
1 eierwit
2ml sitroensuur of 2 druppels asynsuur.
ongeveer 300ml versiersuiker (gesif)

Verhit die vrugtemengsel, water, bruin suiker en margarine saam in ‘n kastrol tot kookpunt en kook dit 20min lank. Haal van die stoof af, roer die koeksoda by en laat die mengsel heeltemaal afkoel. Roer die eiers by die afgekoelde mengsel.
Smeer ‘n diep ronde koekpan van 20cm deursnee. Voer die boom en wand van die pan met ‘n dubbel lag waspapier uit. Voorverhit die oond tot 160C.
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Voeg die pronutro by en meng. Voeg hierdie mengsel by die vrugte mengsel en meng goed. Skep die beslag in die koekpan en maak dit gelyk. Bak die koek 1 1/2 uur,
Gooi die sjerrie oor wanneer die koek uit die oond kom en laat die koek 10 min lank in die pan afkoel. Keer dit op ‘n draadrak uit, Laat die koek heeltemaal afkoel en draai dit dan in was of btterpapier eb aluminiumfoelie toe. Bewaar 3-4 weke om ryp te word.

VERSIERSEL
Klits die eierwit liggies in ‘n mengbak. Voeg die sitroensuur – of asynsuur by. Klop die versiersuiker teelepel vir teelepel by todatdie regte dikte verkry is. Om te toets, steek ‘n mes daarin en trek dit weer uit; dit moet ‘n sagte spitsie vorm.
Smeer die versiersel glad op die koek met ‘n mes wat in warm water gedoop is.