Thursday 19 November 2015

Sjokolade-omelet




Sjokolade-omelet
BESTANDDELE
500 ml gemengde bessies
60 ml bessiekonfyt
4 eiergele...
20 ml strooisuiker
8 ml vanieljegeursel
100 g donkersjokolade, fyngerasper
8 eierwitte, by kamertemperatuur

80 ml strooisuiker
30 ml botter
vanieljeroomys, vir opdiening

METODE
1 Verhit die bessies en konfyt in ’n kastrol oor matige hitte vir 1 minuut.
2 Meng die eiergele, strooisuiker, vanielje en sjokolade by.
3 Klits die eierwitte tot die sagtepuntstadium. Klits die strooisuiker geleidelik by tot stywe punte vorm. Roer ’n kwart van die eierwitmengsel by die sjokolademengsel en vou dan die res ook daarby in.
4 Verhit ’n kwart van die botter in ’n 16 cm kleefvrye braaipan oor matige hitte. Skep ’n kwart van die sjokolademengsel in die pan en bak vir drie minute. Plaas onder ’n voorverhitte rooster vir een minuut, of tot gestol. Herhaal met die res van die sjokolademengsel.
5 Dien op met die bessies en roomys.