Thursday 19 November 2015

Mieliepoffertjies met geroomde avokado




Mieliepoffertjies met geroomde avokado
BESTANDDELE...
Vir die poffertjies
500 ml gaar mieliepitte
1 heel sprietui, in dun skyfies gesny
15 ml basiliekruid, fyngekap
15 ml dille, gekap
20 ml soet rissiesous
1 wiel fetakaas, gekrummel
120 g koekmeel
15 ml suiker
5 ml fyn sout
5 ml bakpoeier
5 ml paprika
5 ml droë salie
250 ml ongegeurde jogurt
2 groot eiers
olyfolie, vir braai

Vir die geroomde avokado
3 avokado’s, geskil en ontpit
15 ml suurlemoensap
30 ml balsemasyn
sout en wit peper na smaak
Tabasco-sous, na smaak (opsioneel)
geroosterde tamaties, vir opdiening
verglansde spek, vir opdiening

METODE
Vir die poffertjies
1 Meng die mielies, sprietui, basiliekruid, dille, soet rissiesous en fetakaas in ’n mengbak. Meng die meel, suiker, sout, bakpoeier, paprika en salie in ’n aparte bak en klits die jogurt en eiers by tot glad. Roer die mieliemengsel by en plaas vir ’n uur in die yskas.
Vir die geroomde avokado
1 Meng die avokado’s, suurlemoensap en balsemasyn saam. Geur met sout en wit peper en voeg ’n paar druppels Tabasco-sous by, indien verkies.
2 Verhit ’n kleefvrye braaipan oor matige hitte en voeg ’n klein bietjie olyfolie by. Skep eetlepels vol van die beslag in die pan en braai tot goudbruin en bros, ongeveer 2-3 minute aan elke kant. Hou die poffertjies onder ’n skoon vadoek warm terwyl jy die res gaarmaak.
3 Sit die poffertjies voor met die geroomde avokado en gekraakte swartpeperkorrels. Dit is veral heerlik saam met geroosterde tamaties en bros stukkies spek.