Wednesday 11 November 2015

Sampioentertjies




Sampioentertjies

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd:
15 minute
Baktyd:
20 minute
Oondtemperatuur: 200 °C

• 1 rol blaardeeg, ontvries
• 12-16 bruin sampioene, afhangend van die grootte
• 1 groot eier, liggies geklits
• omtrent 200 g feta, gekrummel
• 100 ml pesto (enige soort)
• slaai, om voor te sit

1 Sny met ’n koekiedrukker sirkels uit die deeg wat so groot soos die sampioene is. Sit die deegsirkels op ’n gevoerde bakplaat en verf eier daaroor.

2 Vee die sampioene met ’n klam lap af. Sny die stele met ’n klein messie uit. Sit ’n sampioen op elke deegsirkel. Meng die feta met die orige eier en maal sout en swartpeper oor. Skep ’n bietjie in elke sampioen en druk dit liggies vas.

3 Bak die tertjies vir 15-20 minute of tot die deeg goudbruin en uitgepof is. Garneer met die pesto en sit dadelik voor met slaai.