Wednesday 11 November 2015

Pikgitswart sjokoladekoek




Errieda du Toit se Pikgitswart sjokoladekoek

Hierdie pikgitswart sjokoladekoek met Nutella-vulsel was die basislaag van die drievlaktroukoek wat met wit botterversiersel bedek is.   Dis vir enige feestelikheid geskik.   Christine Capendale se resep maak ’n drielaagkoek van 23 cm. Vir ’n 30 cm-troukoek: maak die beslag dubbel aan en verdeel die beslag tussen drie 30 cm-koekpanne.

Jy benodig:
300 g meel en125g kakao
5 ml sout
12,5 ml koeksoda
10 ml bakpoeier
500 g strooisuiker
5 eiers
320g karringmelk
5 ml vanieljegeursel
180 g gesmelte botter
320 ml melk

Vir versiering:
 1 fles Nutella-sjokolade-
haselneutsmeer en botter- versiersel

Maak dan só:

Smeer 3 panne van 23 cm en voer uit met bakpapier. Voorverhit oond tot 180 °C.

1. Sif die meel, kakao, sout, koeksoda, bakpoeier en strooisuiker saam.

2. Klits eiers saam met die karringmelk en vanielje, voeg die gesmelte botter by en roer dit saam met die melk by die meelmengsel tot ’n beslag – dit is ’n redelike loperige beslag. Verdeel die beslag tussen die 3 voorbereide koekpanne.

3. Bak sowat 40 minute tot gaar. Koel af. Smeer Nutella en botterversiersel tussen die lae.

4. Rond die rante en bokant af met die res van die botterversiersel.

5. Die koek kan versier word met gesmelte sjokolade­ganache wat by die kante afdrup en sjokoladekrulle, of versier met vars blomme.

 

Botterversiersel
 190 g botter
 60 g wit margarien (of Stork)
 500 g versiersuiker, gesif
 5 ml vanielje-ekstrak
 1 ml amandel-essens
 20 ml melk

Maak dan só:

1. Klits die botter en die margarien goed saam met die K-hegstuk van jou Kenwood-staanmenger tot lig en romerig.

2. Voeg 1 koppie van die versiersuiker, die vanielje-ekstrak en die amandel-essens by. Klits goed saam.

3. Voeg in 3 sarsies die orige versiersuiker by – klop eers op lae spoed en dan op hoog tot lig en romerig. Om meer smeerbaar te maak, gooi melk by soos nodig