Tuesday, 24 November 2015

MANGOVRUGTEKOEK




MANGOVRUGTEKOEK
• 1 ronde koek
BENODIGHEDE
375 ml (1½ k) water...
312 ml (1¼ k) suiker
125 g (¼ blok) botter
500 g (1 pak) droëvrugtemengsel
100 g (1 pakkie) gedroogde mango, gesnipper
8 appelringe, in stukkies gesny

10 ml (2 t) koeksoda
125 ml (½ k) mangovrugtesap
2 ekstragroot eiers
560 ml (2¼ k) koekmeel
1,5 ml fynkaneel
1,5 ml fyn gemengde speserye
2,5 ml (½ t) sout
60 ml (4 e) brandewyn vir bo-oor
• Stel oond op 160 °C
METODE
1 Verhit water, suiker, botter, droëvrugtemengsel, mango en appelstukkies in kastrol tot warm. Draai hitte laer en kook nog 15 minute. Verwyder van hitte en roer koeksoda en mangovrugtesap by.
2 Laat staan droëvrugtemengsel tot afgekoel.
3 Klits eiers goed en roer by vrugtemengsel. Roer tot gemeng.
4 Sif koekmeel, kaneel, gemengde speserye en sout bymekaar en roer by vrugtemengsel.
5 Voer ronde koekpan van 22 cm in deursnee met 2 lae foelie. Smeer goed met botter.
6 Skep beslag in koekpan. Maak gelyk bo-op en bak vir 1 uur en 25 minute of tot toetspen skoon uitkom.
7 Giet brandewyn oor sodra koek uit oond kom.
8 Laat koek goed afkoel. Keer koek versigtig uit. Trek foelie waarmee koek gebak is, af en draai in nuwe foelie toe.
9 Berg in lugdigte houer vir 1 tot 2 weke voor dit geëet word.