Tuesday 24 November 2015

Kersfees "pennie-poeding




Kersfees "pennie-poeding
Handvol munte in kastrol water gekook vir min 10 minute, skrop deeglik af,
250ml koekmeel...
5ml bakpoeier
100g pecan neute, opgekap
250g dadels, rof gekap
250ml water
5ml koeksoda
100g sagte botter
200ml strooisuiker

1 eier
Vir die stroop:
250ml suiker
120ml water
120ml brandewyn ( die alkhol verdamp sodra dit kookpunt bereik, gee net die geur, dus gee gerus vir die kleinspan)
5ml vanilla essence
30ml botter
1/2 tlp fyn kaneel
Voorverhit oond na 180C
Berei oonvaste bak voor, smeer goed met botter.
Gooi dadels en water in kastrol, en laat vinnig kook vir 2 min.
Verwyder van plaat en voeg nou koeksoda by dadels laat koud word
Room saam botter, suiker en eiers
Sif die koekmeel, bakpoeier saam en voeg by bottermengsel
Gooi nou die koue dadelsmengsel by roer liggies deur
Gooi jou neute by en meng
Giet mengsel in jou voorbeide oondpan
Druk nou die munte oral binne die rou mengsel in.
Bak vir +- 1 uur lank, of tot toetspen skoon uitkom.
Stroop:
Gooi suiker, water, botter en vanilla saam in ‘n kastrol, bring tot kookpunt en laat goed vir 10 minute kook, hou aan met roer.
Voeg nou die kaneel en brandewyn by, laat vinnig opkook roer aanhoudend vir 1 min.Giet oor poeding sodra uit oond kom