Wednesday 11 November 2015

KAASROOMYS




KAASROOMYS

200g Curé Nantais kaas of gebruik `n geskikte plaasvervanger (Camembert of Brie)
4 eiergele
500ml melk...
200g suiker
gerasperde skil van 1 suurlemoen
ekstra suurlemoenskil vir opdiening

Verwyder die kaas se skil, sny in blokkies en plaas saam met die melk in 'n medium-grootte pot oor medium hitte
Roer gereeld
Meng die eiergele en suiker deeglik saam in 'n mengbak
Sodra die kaas heeltemal gesmelt is en die mengsel kookpunt bereik, verwyder van hitte
Voeg die melkmengsel bietjie vir bietjie by die eiergele en suiker en roer aanhoudend sodat eiergele nie kook nie
Sodra die hele mengsel bygevoeg is, gooi dit terug in die pot en plaas terug op 'n medium hitte
Voeg suurlemoenskil by
Roer aanhoudend en kook totdat die mengsel 'n gladde, dik tekstuur bereik
Gooi die mengsel in 'n geskikte houer vir die vrieskas
Verkoel, bedek en plaas in vrieskas
Roer deeglik elke 30 minute om die vorming van yskristalle te voorkom
Bedien met varsgerasperde suurlemoenskil en beskuitjies
See More