Tuesday 10 November 2015

Huiskok se Piesangbrood



Huiskok se Piesangbrood
Bestanddele
◦ 100 g sagte botter
◦175g strooisuiker
◦2 groot eiers
◦2-3 ryp piesangs (fyngemaak)*
◦225 g bruismeel
◦5 ml bakpoeier
◦2 E melk
◦100 g donkersjokolade, grofgekap
◦Bruinsuiker om oor te strooi.
Metode
◦ Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n broodpannetjie liggies uit en voer uit met bakpapier.
◦ Meet al die bestanddele af direk in die mengbak (buiten die sjokoladeblokkies) en klits vir 2 minute tot goed gemeng. Vou die sjokolade stukkies in.
◦ Skep in die voorbereide pan, maak die bokant van die beslag gelyk, strooi bruinsuiker oor en bak in die voorverhitte oond vir 1 uur tot goed uitgerys, gaar en goudbruin. Die beslag sal ‘n kraak bo-op maak, wat deel van die karakter van piesangbrood is.
◦Laat 5 minute in die pan afkoel, lig uit en plaas op afkoelrak. Sit die ketel aan en geniet snye ongebotter met koffie of tee.