Tuesday 17 November 2015

HAM & SWITSERSE BROODJIES





HAM & SWITSERSE BROODJIES

1 x 12 pak broodrolle - nie soet rolle...
455g deli ham, dun gesny
455g Switserse kaas, dun gesny
170g botter
2 eetl Worchestershire sous
1 teel uie vlokkies

2 eetl papawersaad
2 teel Dijon mosterd
2 eetl bruinsuiker

Smelt botter in 'n mikrogolf-veilige bak. Meng die mosterd, Worchestershire sous, uie vlokkies, bruinsuiker en papawersaad in.
Sny al die rolle horisontaal in die helfte, en hou die boonste en onderste helftes apart.
Plaas onderste helfte van die rolle in 'n bak pan en bedek dit met ham, dan kaas. Bedek die ham en kaas met die boonste helftes van die rolle.
Al die broodrolle moet aan mekaar raak en gooi die botter mengsel bo-oor. Maak seker die uie vlokkies en papawersaad is goed versprei.
Plaas die bak met die broodrolle in die yskas vir ‘n paar uur of oornag.
Voorverhit die oond tot 180⁰C sodra rolle gereed is om gebak te word, en bak vir 15-20 minute. Sodra klaar gebak is, sny los van mekaar en bedien.