Tuesday 10 November 2015

BREI WOLDIERE ONDER DIE SON




BREI WOLDIERE ONDER DIE SON
Dankie aan Vroekeur Tydskrif
Brei vir jou kleingoed sommer ’n hele verskeidenheid diere en maak storietyd só prettyd
...
DEUR: Christa Swanepoel
FOTO'S: Foto’s ELMARIE KNAPTON Stilering KAREN ADENDORFF
BENODIGHEDE
• Vir die leeu het ek geel DK gebruik met klein stukkies Chunky in donkerbruin vir die maanhare
• Vir die sebra is swart en wit DK afgewissel met kort maanhare in dieselfde breidraad
• 4 mm-naalde
• Hekelnaald om maanhare deur trek
• Knopies vir die ogies
AFKORTINGS
ks – koussteek
rVa – regs voor en agter in dieselfde st
vermin – verminder
vermeer – vermeerder
BREI-INLIGTING
· Die diere word op dieselfde patroon gebrei – dis net die afwerking wat verskil.
· Brei leeu deurgaans met geel. Die mond binne is ook geel.
· Brei sebra deurgaans met 4 rye swart en 4 rye wit. Die mond binne word net swart gebrei.
Bokant
**Met 4 mm-naalde stel 30 ste op.
1ste ry: *r2, aw2, herh van * tot laaste 2 ste, r2.
2de ry: aw2, *r2, aw2, herh van * tot einde.
Hierdie 2 rye sal nou na verwys word as 2x2-rif. Werk in 2x2-rif vir nog 6 rye.
Vlg ry (RK): r tot einde.
Vlg ry: aw tot einde.
Hierdie 2 rye sal nou na verwys word as ks.
Gaan voort in ks vir 40 rye, eindig met VK-ry.
Vlg ry: (r2, r2tes) 3 keer, r6, (r2tes, r2) 3 keer. 24 ste.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: (r2, r2tes) 2 keer, r8, (r2tes, r2) 2 keer. 20 ste.**
Gaan voort in ks sonder om te vorm vir 20 rye,(eindig met VK-ry.
***Vlg ry: gl1, r1, tgso, r tot laaste 2 ste, r2tes.
Vlg ry: aw.
Herh laaste 2 rye nog 2 keer. 14 ste.
Vlg ry: heg 2 af, r tot einde.
Vlg ry: heg 2 af, aw tot einde.
Herh laaste 2 rye nog 1 keer. 6 ste.
Heg af.
Onderkant
Voltooi soos bokant van ** tot **.
Gaan voort sonder om te vorm vir 12 rye, eindig met VK-ry.
Verminder soos vir bokant vanaf ***.
Mond
Met 4 mm-naalde, stel 6 ste op.
1ste ry: r tot einde, stel 2 ste op.
2de ry: aw tot einde, stel 2 ste op.
Herh laaste 2 rye nog 1 keer. 14 ste.
Vlg ry: r.
Vlg ry: aw.
Vlg ry: rVa in 1ste st, r tot lasste st, rVa.
Vlg ry: aw.
Herh laaste 2 rye nog 2 keer. 20 ste.
Werk 8 rye in ks sonder om te vorm.
Verminder soos vir bokant vanaf ***.
Ore
Leeu: stel 4 ste op.
1ste ry: r.
2de ry: aw.
3de ry: rVa, r2, rVa. 6 ste.
4de en 6de ry: aw.
5de ry: r.
7de ry: r2tes, r2, r2tes.
8ste ry: aw.
Heg af.
Sebra: stel 4 ste op.
1ste ry: r.
2de ry: aw.
3de ry: rVa, r2, rVa. 6 ste.
4de, 6de en 8ste ry: aw.
5de ry: r.
7de ry: r2tes, r2, r2tes.
9de ry: r2tes, r2tes.
10de ry: aw.
11de ry: r2tes.
OM TE VOLTOOI
Met regte kante op mekaar werk bo- en onderkant aan weerskante van rif af aan mekaar tot waar onderkant begin verminder. Bokant het dus agt reguit rye oop voor vermindering.
Vou los gedeelte van onderkant plat teen lyf. Met regte kante op mekaar, pas mond op opening met 8 reguit rye van bokant en 8 reguit rye van mond weerskante teen mekaar. Werk mond al om rand vas. Dop na regte kant om.
Werk leeu se ore meer na kant toe en sebra s’n meer na middel toe vas.
Knip maanhare vir leeu ongeveer 12 cm lank uit bruin chunky-breidraad.
Knip maanhare vir sebra ongeveer 10 cm lank uit wit en swart breidraad wat gebruik is.
Vou maanhare twee-twee saam dubbeld en met hekelnaald trek lus deur steke. Trek die vier punte deur die lus en trek styf. Maak vir die leeu maanhare oor sy hele kop ene vir die sebra in ‘n strook van tussen die ore af tot in die nek.
Werk vir die leeu ’n neus met lang steke en donkerbruin breidraad.
Werk knopies aan vir oë.