Tuesday, 3 November 2015

AARTAPPELSLAAI MET BILTONG


 
 
AARTAPPELSLAAI MET BILTONG

Bestanddele:
6 Groot aartappels
250 g biltong(gekerf)...
2 middelmatige uie of 1 groot ui fyn gekerf.
15 ml vars gekapte pietersielie


SOUS:
1 koppie Cros & Blackwell mayo
½ Koppie gewone yogurt
½ Koppie kondensmelk
½ t sout
Vars gemaalde swart pepr

Metode:

Kook aartappels in soutwater tot net sag. Spoel af met koue water en trek skille af. Sny in blokkies of skywe soos verkies en plaas in slaaibak. Voeg gekerfde biltong en ui by. Meng die sous en gooi bo-oor. Meng goed deur en verkoel in yskas. Lewer 8 porsies.

No comments:

Post a Comment