Wednesday 28 October 2015

VIS IN SOUT



VIS IN SOUT

1 heel stokvis, ongeveer 1,5kg, ingewande uitgehaal, maar met skubbe
2 kg growwe seesout
1 klein vinkel, in skywe gesny...
1 eetlepels pietersielie, gekap
sap van halwe suurlemoen
50 gr botter, gesmelt
halwe koppie water of 4 eierwitte

Voorverhit die oond tot 240C˚
Stop die binnekant van die vis styf met snye vinkel sodat die sout nie binnedring nie
Voeg 'n bietjie water of 4 eierwitte by die sout en meng
Maak 'n bed van sout die grootte van die vis op 'n oondplaat of bak
Plaas die vis bo-op en bedek deeglik met die res van sout
Bak vir 40 minute
Laat afkoel vir 5 minute
Om sout te verwyder, kraak versigtig met 'n mes of voeg klein hoeveelhede water by om sout te versag
Verwyder vel van die vis
Meng die botter en pietersielie en gooi oor vis
Bedien onmiddellik