Tuesday 27 October 2015

Varkschnitzel





Varkschnitzel
8 stukke varkvleis, dun gekap met 'n vleishamer
2 eierwitte, liggies geklop
250 mℓ broodkrummels...
sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit 'n bakplaat by 220°C in die oond.
Strooi sout en peper oor albei kante van al die stukke vleis.
Doop die vleis eers in die eierwit en dan in die broodkrummels. Sorg dat albei kante goed bedek is.
Verwyder die warm plaat uit die oond en spuit goed met 'n kleefwerende middel.
Pak die vleis op die bakplaat.
Bak die vleis by 220°C. Draai die vleis na 5 minute om en bak vir nog 5 minute.
Bedien die schnitzel warm saam met 'n mengelslaai.
(hierdie resep is genoeg vir 4 persone)