Tuesday 27 October 2015

Aarbeiroomys




Aarbeiroomys
Druk ’n liter skoongemaakte aarbeie fyn. Druk dit daarna deur ’n sif.
Meng dan die aarbeie met 500 mℓ room en 180 mℓ strooisuiker. Gebruik ’n menger hiervoor....
Plaas dan die mengsel in ’n roomysbak in die vrieskas.

Wanneer die mengsel gevries is haal jy dit uit en klop tot dit dubbel die volume is. Plaas dan terug in die vrieskas.
Jy kan dit bedien saam met heel skoongemaakte aarbeie.