Monday 26 October 2015

tunatert





tunatert
Bestanddele
2 blikkies tuna in water of olie, moenie dreineer nie...
3 eiers, geklits
3 koppies gerasperde Cheddarkaas
3 snye brood (wit of bruin), gekrummel
1 groot ui, opgesny en gebraai

1 blik aspersies, gedreineer en fyngemaak
paprika
Metode
Meng die tuna, gekrummelde brood, uie en kaas.
Voeg die geklitste eiers en aspersies by, en meng.
Skep in 'n oondbak, sprinkel die paprika oor, en bak teen 190 grade vir 35 tot 40 min.
Bedien warm of koud.