Thursday 8 October 2015

Spesery ringkoek




Spesery ringkoek
2 Ekstra-groot eiers
160g (200ml) suiker
250ml olie
200ml appelmoes (gebruik die hele blik)
180g (375ml) koekmeelblom
5ml fyn kaneel
3ml gemengde speserye
3ml fyn naeltjies
3ml neutmuskaat
1ml sout
5ml koeksoda
Voorverhit die oond tot 180°C.
Smeer ‘n 23cm-ringpan met margarien.
Klits die eiers tot goed gemeng.
Voeg die suiker lepel vir lepel by en klits tot lig en dik.
Voeg die olie stadig by en klits goed.
Voeg Appelmoes by.
Sif die droë bestanddele twee maal saam.
Voeg by die eiermengsel en meng goed.
Skep uit in die voorbereide pan
Bak 40 – 60 minute lank of tot heeltemal gaar (Laat afkoel)
Karamelstroop
100g (125ml) sagte bruin suiker
125ml vars room
40g (50ml) margarien
+/- 100ml gesifte versiersuiker
Gepakte neute vir versiering
Verhit die bruin suiker, room en margarien saam oor lae hitte tot kookpunt.
Kook dit 15minute baie stadig sonder deksel.
Haal van stoof af en roer versiersuiker by.
Roer baie goed tot sonder enige klonte.
Gooi warm oor koek.
Strooi gepakte neuter oor.