Friday 23 October 2015

PYNAPPEL KONDENSMELKTERT




PYNAPPEL KONDENSMELKTERT
1 Klaar gereed koekie kors of
Kors van tennisbeskuitjies (fyngemaak) en botter
1 Blikkie Kondensmelk
300ml Room
1 blikkie fyn Pynappels
½ kop Suurlemoensap

METODE:
Meng die kondensmelk en die suurlemoensap in 'n bak
Gooi die sap van die pynappel af en meng die pynappelstukke in die kondensmelk mengesel in
Klop die room styf en vou in die mengesel in
Gooi jou beslag in die kors en sit in die yskas om te stol