Friday 23 October 2015

Maklike pizzas (met oorskietvleis)




Maklike pizzas (met oorskietvleis)
Genoeg vir sowat 4 mense
4-6 pitabrode
sowat 80 ml pesto
 200 g mozzarellakaas, gerasper
 100 g cheddarkaas, gerasper
 250 g gaar oorskiethoender, -varkvleis of -steak, in dun repies gesny
 200 g kersietamaties, gehalveer
 vars basilieblare en of uiemarmelade
Voorverhit die oond tot 220 °C en smeer ’n groot bakplaat met olie of spuit met kossproei.
Rangskik van die pitabrode op die bakplaat (kyk hoeveel inpas) en smeer die pesto op die pitas.
Meng die mozzarella- en cheddarkaas en deel die kaas in twee dele.
Versprei die een helfte op die pesto gevolg deur die oorskietvleis en tamaties.
Bak 10 minute en haal die bakplaat uit die oond.
Deel die res van die kaas tussen die pitas en bak nog sowat 5 minute of tot die kaas gesmelt en gaar is.
Sny die pizzas in skywe en sprinkel basilieblare en of uie-marmelade oor.
Wenk: Indien jy nie oorskietvleis het nie, braai ’n stukkie steak, hoenderborsies of varkvleis in ’n riffelpan en geur met jou keuse van marinade.  Gebruik slegs mozzarella of slegs Cheddarkaas indien verkies.