Tuesday 20 October 2015

Mikrogolf-sjokoladekoek




Mikrogolf-sjokoladekoek
Lewer 1 koek
Bereiding 10 minute
Baktyd 12-15 minute
BESTANDDELE...
250 ml (1 k) koekmeel
250 ml (1 k) suiker
15 ml (1 e) bakpoeier
1 ml (¼ t) sout
45 ml (3 e) kakaopoeier
5 ml (1 t) vanieljegeursel
250 ml (1 k) kookwater
60 ml (¼ k) olie
2 ekstragroot eiers, geklits
VERSIERSEL
200 g donkersjokolade, grof gekap
2 ml(½t) vanieljegeursel
60 ml (¼ k) water
Voer die boom van ’n oondvaste 2 L-glasbak of -silikoonpan met papierhanddoek uit.
1. Koek Sif die meel, suiker, bakpoeier, sout en kakao saam.
2. Meng die vanieljegeursel, kookwater, olie en eiers saam in ’n groot bak. Voeg die meelmengsel by en klits tot dit goed gemeng is.
3. Giet die beslag in die voorbereide houer. Plaas op ’n omgedraaide piering of mikrogolfstaander. Mikrogolf 12-15 minute teen 100 persent krag of tot die koek van die kante begin wegtrek. Laat die koek 2 minute staan.
4. Versiersel Plaas al die bestanddele in ’n glasbak en mikrogolf tot die sjokolade gesmelt het. Roer elke 30 sekondes. Klop tot glad en giet oor die afgekoelde koek.
BAK SO IN DIE MIKROGOLF
Toets ’n mikrogolfkoek elke drie minute omdat party oonde die koek vinniger laat gaar word as ander. Roer smeltende sjokolade elke 30 sekondes omvas te stel hoe ver dit gesmelt het.