Thursday 29 October 2015

Maalvleispoffers




Maalvleispoffers
Lewer 15 pasteitjies
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 30 min.
15 ml (1 e) olie
½ ui, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
400 g beesmaalvleis
15 ml (1 e) rooikerriepasta
250 ml (1 k) bevrore gemengde groente
60 ml (¼ k) water
’n hand vol koljanderblare, gekap
2 x 400 g skilferkorsdeeg
1 eier, liggies geklits
blatjang, vir voorsit
  1. Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte. Braai die ui en knoffel tot sag. Voeg die maalvleis by en braai 5 min. terwyl jy roer. Roer rooikerriepasta by vleismengsel in.
  2. Voeg die gemengde groente en water by. Laat prut 3 min. Voeg die ertjies en koljander by. Sit eenkant om af te koel.
  3. Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Sny teekoppiegrootte-sirkels uit en skep 2 e maalvleismengsel op elkeen. Druk die kant saam om te verseël. Herhaal met die oorblywende maalvleis en deeg.
  4. Verf met eier en bak 20 min. of tot goudkleurig. Sit voor saam met blatjang