Thursday 29 October 2015

GROOTMAAT SOUTTERT




GROOTMAAT SOUTTERT
(60 mense)
5 wit brode(nie vars nie);
6 liter melk;
3kg Ham(klein blokkies of gerasper)/Polonie/gaar bacon;...
1.5kg gerasperde kaas;
6 dosyn eiers;
8 uie gerasper;
1/2 bot pietersielie;
15ml mostert poeier;
sout, peper,
300g margarien vir bo-op.
(Jy kan enigiets ekstra insit waarvan jy hou soos mushroms, olywe, broccoli, peppers)
Verwyder korsies van brood en gooi melk oor brood - druk brood fyn.
Klits eiers en gooi by brood.
Meng res van bestanddele(ook die kaas) by, behalwe margarien.
Gooi in oondpanne. Sit blokkies margarien bo-op.
Bak teen 180 grade vir 1 uur*