Wednesday 21 October 2015

Basiese vrugtelollies



Basiese vrugtelollies
45 ml (3 e) water
45 ml (3 e) suiker
400 g fyn gemaakte vrugte

...
1 Gooi die water en suiker in ’n klein kastrol en verhit oor lae tot matige hitte tot die suiker opgelos het.
2 Verhoog die hitte tot matig-hoog en kook vir 4-5 min. of tot draadstadium. Haal van die hitte af en laat afkoel.
3 Verwerk die suikerstroop en 400 g vrugtepuree saam tot glad en gooi in vorms. Vries vir 2 uur en druk die roomysstokkies in die vorms in. Vries vir nog 4-5 uur of oornag tot hard.
Pomelo-en-aarbei-lollies
Maak die basiese lollieresep, maar gebruik 200 g aarbeie en 125 ml (½ k) pomelosap.
Appel-komkommer-en-dille-lollies
Maak die basiese lollieresep, maar gebruik 200 g gerasperde appel, 200 g gerasperde komkommer en ’n hand vol gekapte dille.
Tamatie-en-basiliekruid-lollies
Maak die basiese lollieresep, maar gebruik 500 ml (2 k) tamatiesap, 15 ml (1 e) Worcestershire-sous en ’n hand vol basiliekruid.
Vrugte-en-jogurt-lollies
Maak die basiese lollieresep, maar voeg 250 ml (1 k) dubbeldik- Griekse jogurt heel aan die einde by. Vries in vorms. Maak ’n marmereffek deur die vrugtepuree en jogurt in lagies in die vorms te skep en dan liggies met ’n sosatiestokkie deur te roer.