Friday 16 October 2015

Aartappeltert




Aartappeltert
LEWER 1 TERT VAN 30 CM
 Bereiding: 45 minute
 Baktyd: 40 minute
KORS
 1 kg aartappels
 30 g botter
 2 ml (½ t) bakpoeier
 75 ml (1/3 k) melk
VULSEL
 30 ml (2 e) botter
 50 ml mieliemeel
 500 ml (2 k) melk
 2 eiers, geskei
 500 ml (2 k) cheddarkaas, gerasper
 5 ml (1 t) sout
 knippie mosterdpoeier
 knippie rissiepeper
 ekstra gerasperde kaas vir oorstrooi
 Smeer ’n ronde oondpan van 30 cm.
1.KORS Kook die aartappels tot sag, laat dit afkoel en skil dit.
2.Maak die aartappels fyn. Voeg die botter, bakpoeier en melk by en meng goed. Geur na smaak.
3.Smeer van die kapokaartappel op die bodem en kante van die oondbak en hou die res eenkant. Verhit intussen die oond tot 180 °C.
4.VULSEL Smelt die botter in ’n kastrolletjie, roer die mieliemeel by en maak ’n pasta. Voeg die melk by terwyl jy roer en laat kook.
5.Verwyder van die hitte en roer die eiergele, kaas, sout, mosterd, rissiepeper en die oorblywende kapokaartappel by en meng.
6.Klits die eierwitte tot styf en vou dit by die aartappelmengsel in.
7.Skep die mengsel op die aartappelbasis en strooi ’n bietjie gerasperde kaas oor.