Friday 11 September 2015

Vla-koek vir Diabete




Vla-koek vir Diabete
Koek:...
150g laevet-margarien
45ml heuning
150g (270ml) bruismeel
knippie sout
3 eiers

Vla-vulsel:
500ml laevet-melk
30 ml suikerplaasvervanger
knippie sout
100ml vla-poeier
50g laevet-margarien
125ml suikerplaasvervanger
5ml vanieljegeursel
vars appelliefies vir versiering
Verhit oond tot 170 ºC. Spuit ’n losboom-koekpan van 20cm deursnee met kleefwerende kossproei. Smelt margarien saam met heuning. Sif meel en sout saam. Klits eiers saam tot lig. Voeg heuning margarien-mengsel in ’n dun stroompie by eiers. Klop meel by tot daar geen klonte meer is nie. Skep in voorbereide pan en bak vir ongeveer 20 – 30 minute tot gaar. Koel af en sny in die helfte.
Vulsel
Verhit die melk, 30ml suikerplaasvervanger en sout saam. Meng vla-poeier met ’n bietjie koue melk tot ’n gladde pasta sonder klonte. Voeg bietjie van warm melk by en roer tot opgelos. Gooi vlamengsel terug by warm melk. Verlaag hitte en kook tot dik. Plaas kastrol in ’n groter houer wat met water en ysblokkies gevul is tot vla afgekoel is. Roer af en toe sodat die vla nie ’n vel vorm nie. Room margarien en 125ml suikerplaasvervanger tot liggeel terwyl die vla afkoel. Klits lepels vol van die vla-mengsel by die margarien-mengsel tot al die vla gebruik is. Roer die vanieljegeursel by. Vul en bedek koek met die vla-vulsel. Versier met appelliefies. Die koek val bietjie plat as jy hom uit die oond haal, maar dis reg so.