Friday, 11 September 2015

Armmanspoeding




Armmanspoeding
3 kop Meelblom
3 teel Koeksoda
3 eetl Margarine...
1 kop Melk
3 eetl Gouestroop

Sout
Smelt botter en stroop saam, laat afkoel.
Los koeksoda in melk op en roer in.
Sif meel en sout in en meng deeglik.
Stroop:
Kook 3 kop suiker, 6 kop kookwater, 1 e gouestroop en 1 e botter in 'n groot kastrol.
Skep lepelsvol deeg in warm stroop en laat opkook.
Plaas deksel op en laat 1 uur lank stadig kook.
Indien verkies, kan 1 e gemmer en 1e kaneel bygevoeg word vir smaak.