Wednesday 30 September 2015

Tuna en Suikermielie




Tuna en Suikermielie
Klink dalk vreemd, maar hierdie sop resep is bordjie-uitlek lekker! Bestandele
Groot ui, fyn gekap
4 eetlepels koekmeel
6 koppies melk
1 pakkie sampioensoppoeier
1 Blikkie tuna
1 koppie room
1 blikkie suikermielies
sout en swartpeper na smaak
Instruksies
Braai die ui tot goudbruin. Maak n witsous van die meel en n’ bietjie melk sommer saam die gebraaide ui – klop tot glad. Meng die soppoeier en n bietjie melk tot glad en voeg by, dan die res van die melk. Voeg die blikkie suikermielies by en kook tot dik. Geur met sout en peper na smaak.