Wednesday 30 September 2015

Heerlike aartappel gereg




Heerlike aartappel gereg
Probeer gerus dié aartappelgereg vir die volgende ete. Die jogurt in die gereg dit gesonder as room wat gewoonlik bygevoeg word.
8 groot aartappels
6 spekrepe...
250 g sampioene, gekap
15 ml pietersielie
200 ml ongegeurde jogurt (greek)
30 ml margarien/botter

3 eiergele
sout en peper na smaak
1 koppie gerasperde kaas
Metode:
Kook aartappels. Braai spekvleis, skep uit en braai sampioene tot gaar. Meng met pietersielie en spekvleis. Skil aartappels, druk fyn en meng met botter, eiergele, ongegeurde jogurt, sout en peper. Skep helfte van die mengsel in ’n gesmeerde oondbak. Skep die spekvulsel in en die res van die aartappels bo-op en strooi gerasperde kaas oor. Bak teen 220 °C vir 20 minute.