Tuesday 29 September 2015

Spinasierollade




Spinasierollade
100 g Stork Bake
 125 ml (½ k) koekmeel
 500 ml (2 k) warm melk
 250 ml (1 k) gerasperde
 cheddarkaas
 sout en vars gemaalde swartpeper
 4 ekstra groot eiers, geskei
 300 g spinasie, gewas, gestoom en fyn gekap
VULSEL
 125 ml (½ k) songedroogde
 tamatie- of basiliepesto
 375 ml (1½ k) gekrummelde
 ricottakaas
 60 ml (¼ k) gekapte vars
 pietersielie of basilie
Voorverhit die oond tot 160 °C.
 Spuit ’n pan van 35 x 25 cm met kleefwerende kossproei. Voer die pan met bakpapier uit en spuit weer.
ROLLADE
 Maak ’n witsous met die STORK BAKE, koekmeel en warm melk. Haal van die plaat af. Voeg die kaas by en roer tot gesmelt. Geur met sout en peper. Voeg die eiergele en spinasie by en meng. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou versigtig by die spinasiemengsel in. Giet in die pan en maak bo-op gelyk.
Bak 25-30 minute tot goudbruin en gepof. Keer uit op ’n klam teedoek, rol versigtig op met die hulp van die teedoek en laat afkoel.
VULSEL
 Meng die pesto, ri-cotta en kruie. Rol die rollade oop wanneer dit effens afgekoel het en smeer die vulsel oor.
 Rol weer op, sny in skywe en sit voor met slaai.
Genoeg vir 8.