Wednesday 30 September 2015

ROOSTER KOEKE




ROOSTER KOEKE
10 x 250 ml (10 k) wit- of bruinbroodmeel
2 pakkies (10 g elk) kitsgis
125 ml (½ k) poeiermelk
12 ml (2 ½ t) sout...
60 ml (¼ k) suiker
750 ml (3 k) louwarm water
60 ml (¼ k) margarien
METODE:
Meng al die droë bestanddele saam
Giet die louwarm water bietjie vir bietjie by tot ’n stywe deeg gevorm is
Knie die margarine by die deeg in
Vorm in ’n bol, smeer met olie en laat rys tot dubbel die grootte op ’n warm plek
Knie die deeg af en knyp balletjies af
Rol elke balletjie effens platter met ’n koekroller op ’n meel bestrooide oppervlak
Laat weer rys pak op ’n rooster
Braai hoog op matige kole
Draai gereeld en rooster tot dit hol klink as daarop geklop word
Sit voor saam met botter, gouestroop of konfyt
WENK
Bak vetkoek van die deeg