Friday 25 September 2015

Roomkaas lagie lagie yskastert




Roomkaas lagie lagie  yskastert
Roomvulsel
1 na 2 pakkies tennisbeskuitjies
2 koppies room
1 houertjie roomkaas , verkoel (dws direk uit die yskas)
125 gr botter, kamertemperatuur
1 blikkie kondensmelk
1/3 koppie sjokolade bv rolo’s in stukkies gekap
Versiering
Ganache
1/3 koppie volroom room
1/3 koppie gekapte sjokolade
Krummels
4 koekies gekrummel
Gekapte neute (opsioneel)
Om die ganache te maak }
Verhit room tot amper kookpunt ( in die mikrogolf of op die stoofplaat) Haal van die stoof af
Voeg sjokolade by – gee 1 roer en los dit net so – ongestoord vir 2-3 minute.
Met behulp van ‘n lepel, roer tot glad
Maak die roomvulsel
Klits botter tot romerig , voeg roomkaas 1 eetlepel op ‘n slag by totdat dat dit ‘n gladde mengsel is. (daar moet glad nie meer roomkaas klonte wees nie) Gooi die kondensmelk by en meng tot goed deurgemeng
Klits room tot styf
Vou nou die styfgeklopte room met ‘n houtlepel in by die kondensmelk mengsel. Moenie die hele klomp room op een slag ingooi nie –verdeel die room so in +/- 3 dele
Neem nou ‘n vierkantige bak en voer uit met foelie. Laat die kante oorsteek. Jy gaan as jou koek klaar gepak is die foelie afhaal sodat jou koek ‘n mooi vierkant vorm.
Sit ‘n bietjie van kondensmelkmengsel onder in jou vierkantige tertbak (bo-op die foelie) , pak 4 tennisbeskuitjies op en druk mooi styf vas
Sit ongeveer ¾ koppie kondensmelkmengsel bo-op die beskuitjies en versprei egalig. Gaan nou so aan met jou lae koekies en kondensmelkmengsel tot alle klaar is.(Hou bietjie van die kondensmelkmengsel uit om om die hele koek te smeer.
Haal nou jou koek uit die bak deur dit met die foelie uit te lig – druk die koek mooi in ‘n vierkant – Verwyder foelie en sit op tertbord neer.
Smeer nou die laaste gedeelte van die kondensmelkmengsel om en rondom die koek
Neem die koekiekrummels en druk dit rondom die koek saggies vas met jou palm
Gooi die ganach stadig oor die bo-kant – pasop dat dit nie afloop nie, maar as dit afloop is dit nie die ergste nie – Versier die kante van die koek met gekapte neute (indien jy dit gebruik)
Versier met jou 1/3 kop gekapte sjokolade bo-op
Sit die koek in die yskas vir tenminste 24 uur
Haal uit en bedien teen kamertemperatuur.
Indien verkies, kan jy die koek in ‘n glasbak maak , dit in blokkies sny en so bedien.