Friday 25 September 2015

Aartappel-en-spek-gebak




Aartappel-en-spek-gebak
Genoeg vir 6
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur 15 minute
1,5 kg bakaartappels
 45 ml (3 T) olyfolie
 seesout en vars gemaalde swartpeper
 250 g spek, gekap
 gekapte grasuie (opsioneel)
 2 eiers
 80 ml (1/3 k) crème fraîche
1    Voorverhit die oond tot 190 °C.
 2    Skil die aartappels, spoel af en laat goed droog word. Sny dun skywe, meng met die olyfolie en geur met seesout en peper.
 3    Pak die aartappelskywe en spek in lae in ’n kastrol of koekpan. Bedek met foelie en bak vir 1 uur of tot die aartappels sag is. Strooi grasuie bo-oor (indien jy dit wil gebruik).
 4    Klop die eiers en crème fraîche saam en gooi oor die aartappels. Bedek weer met foelie en bak nog 15 minutes of tot die eiermengsel gestol en deur warm is. Sny en sit voor.