Monday 7 September 2015

OUVROU ONDER DIE KOMBERS (KOOLFRIKKADELLE)




OUVROU ONDER DIE KOMBERS (KOOLFRIKKADELLE)
Neem maalvleis, meng met 1 eier,...
sout, peper,
fyn gekapte ui,
1 sny fyn brood,
chutney, goeie skeut worstersous of wat ookal jou smaakkeuse is

METODE
Neem goeie vars kool (sjoe die een van vandag was ekstra mooi en het pragtige blare gehad) breek buite blare af. Ek spoel myne in soutwater vooraf om seker te maak dit is sand/gogga vry. Sny die harde draad uit en elke koolstuk om om die frikadeletjie pas. Week in kookwater om hanteerbaar te maak. Plaas in geskikte oondpan, liggies met olie gesmeer. Rol vleis in koolblare (sien foto) ek hou bietjjie vleis vir oorstrooi eenkant. Gooi ongeveer 1 kop kookwater onder in die pan, dit word jou sousie. Gooi n blik tamatie/ui smoor egalig oor kool/vleis. Gooi so eetlepel suiker egalig oor. Sprinkel bietjie BBQ spice of braai-spice oor (aangesien dit die kool) smaak kan gee, of bietjie woestersous. Bedek met deksel of foelie. Plaas in vooraf verhitte oond. Ek sit myne vir eerste 15min op 200grade en oorblywende 40min by 180gr. Hou vloeistof dop. Sous is lekker saam kos. Bedien op rys. Hoeveelhede is na gelang van gesingrootte. Frikadelle grootte van n eier.
Net reg vir jou pladbodem pot