Friday 18 September 2015

BRAAIRIBBETJIE




BRAAIRIBBETJIE
Genoeg vir 6 of meer mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 1 uur 45 minute
2 kg varkribbetjies
60 ml (¼ k) braaispesery
80 ml (⅓ k) suurlemoensap
125 ml (½ k) rooiwyn
80 ml (⅓ k) blatjang
250 ml (1 k) kola
2 ml (½ t) mosterdpoeier
5 knoffelhuisies, in skywe gesny
45 ml (3 e) tamatiepasta
80 ml (⅓ k) water
gekookte knoffelaartappels vir voorsit
METODE:
Plaas die ribbetjies in ’n groot pot en bedek met water. Laat prut 30 minute liggies, verwyder van die hitte en laat 30 minute in die water afkoel.
Voorverhit die oondrooster tot matig.
Verwerk die oorblywende bestanddele buiten die aartappels in ’n voedselverwerker tot goed gemeng.
Haal die ribbetjies uit die water en pak dit op ’n bakplaat. Verf oraloor met die bedruipsous wat jy gemaak het en braai 45 minute terwyl jy die ribbetjies af en toe bedruip en omdraai.
Sny die ribbetjies kleiner en sit saam met die aartappels voor.