Tuesday 15 September 2015

Boerewors-pasta




Boerewors-pasta

500g boerewors
 1 rooi ui, fyngekap
 2 knoffelhuisies, fyngedruk
 1t gerookte paprika
 ½t rissie vlokkies (opsioneel, of gebruik minder as jy sensitief is)
 1 blik tamaties, gekap
 ¼t sout
 1t bruinsuiker
 2 vars lourierblare
 1t vars origanum (of ½t droog)
 3E water
 6E olyfolie
 growwe swartpeper na smaak
 Italiaanse pietersielie, gekap – vir bedien
 parmesaankaas of pecorino – vir bedien
Braai die ui in 3E olyfolie tot sag. Voeg die knoffel, paprika en rissie by en braai vir twee minute.
Voeg die tamatie, suiker, sout, water, origanum en lourierblare by, sit ’n deksel op en kook vir 20 minute op ’n lae hitte. Loer af en toe en as dit droogkook, gooi nog ’n eetlepel of wat water by. (Moet dit net nie oordoen nie, hierdie is ’n dikkerige sous.)
Terwyl die tamatiesous kook, druk die worsvulsel uit en vorm eweredige klein bolletjies daarmee. Braai die frikkadelle in 3E olyfolie tot hulle alkant mooi bruin is.
Voeg die frikkadelle by die sous, proe vir sout, gooi ’n skooitjie swartpeper by en verwyder die lourierblare.  Bedien met jou gunsteling pasta (ek het penne gebruik, maar ek’s ook dol daaroor met spaghetti). Strooi Italiaanse pietersielie oor en wees mildelik met die parmesaan of pecorino.