Tuesday 15 September 2015

Bier & Kaassous




BIER & KAASSOUS
Jy kan dit gebruik vir macaroni-en-kaas of om ’n toebroodjie op te kikker.
Vir 4-6
Voorbereityd 5 minute...
Gaarmaaktyd 30 minute

JY BENODIG:
½ koppie botter
½ koppie koekmeel
1½ koppie melk

1½ koppie bier soos Darling Brewery se Bone Crusher (’n ligte Belgiese bier)
2 koppies gerasperde cheddar
’n knippie paprika
’n knippie swartpeper
’n knippie neutmuskaat
Sout na smaak
SO MAAK JY:
1. Smelt die botter in ’n potjie en roer die meel daardeur soos vir ’n witsous.
2. Gebruik ’n ballonklitser om die melk bietjies-bietjies by die meelmengsel in te klits.
3. Hou die kastrol oor ’n lae hitte om te keer dat dit klonte vorm.
4. Verhit die mengsel tot kookpunt en roer dit aanhoudend.
5. Roer die bier deur terwyl die mengsel kook, en roer dan die res van die bestanddele deur.
**Die sous sal verdik as dit staan. Indien dit gebeur, kan jy dit net weer stadig verhit en met nog ’n skeut melk verdun.